Oor ons

Wie is ons…

n Nederige gemeente met ‘n passievolle span gelei deur Pastore Naps de Beer, Tommy Pretorius en Charlene Pretorius

Ons glo…

  • Die Bybel is ons hoogste gesag  teenoor alle grondwette en bepalings.
  • In God die Vader, Jesus Christus Sy Seun en die Heilige Gees.
  • Daar mag geen kompromie met afgode gemaak word nie.
  • Die hele Woord van God word aanvaar en vervul in die Nuwe Testament wat Jesus Christus aan ons gegee het.

Wie kan by ons aansluit

Alle rasse en nasies van beide geslagte kan aan die instansie behoort.  Ons is nie ‘n orde nie en daarom het ons nie strukture wat mense bind nie –  ons glo wel dat ons deur geestelike gemeenskap aan mekaar verbind word.  Ons het wel bybelse strukture wat deur geestelike gemeenskap funksioneer.

Sou u verdere inligting benodig of ‘n besoek verlang is u welkom om kontak te maak met ons.

Bybelse strukture…

God die Vader is die Hoof van Jesus Christus en Jesus Christus is die hoof van die Bediening en die Kerk.  Die Heilige Gees is ons Trooster en gee ons leiding. Niemand wat aan mekaar verbind is, word minder geag as ‘n ander nie maar elkeen beklee die leiersrol wat aan hom of haar gegee is om God se Koninkryk uit te brei.  Daar is nie plek vir rebellie en toutrekkery teen mekaar nie.            

Ons doel…

God stel belang in siele en daarom is dit ons doelwit om siele by die Here uit te bring en arbeiders van hulle te maak. 

Ons kommunikasie platforms…

Ons kommunikeer hoofsaaklik deur Whatsapp en indien u sou belangstel om op die groep geplaas te word, stuur asb u versoek na Charlene Pretorius. U kan ook per e-pos (nolimitsgesinskerk@gmail.com) of SMS met ons gesels.  Volg gerus ook ons Facebook blad: No Limits Gesinskerk

Mag ons Drie-Enige God u ryklik seën en bewaar tot ‘n volgende keer.